Huis van Lancaster

Huis van Lancaster
Die rooi roos, embleem van die Huis van Lancaster.
Die rooi roos, embleem van die Huis van Lancaster.
Hoofhuis Huis van Plantagenêt
Voorganger Huis van Plantagenêt
(hooftak)
Opvolger Huis van York
Stigter Jan van Gent
Bewind 1362–1461
1470–1471
Eerste heerser Hendrik IV
Laaste heerser Hendrik VI

Die Huis van Lancaster was ’n tak van die Engelse koningshuis van Plantagenêt. Dit was een van die strydende faksies in die 15de-eeuse Rose-oorlog, ’n burgeroorlog om die troon. Drie Engelse konings was van dié huis: Hendrik IV (1399–1413), Hendrik V (1413–1422) en Hendrik VI (1422–1461 en 1470–1471).

Die Huis van Lancaster stam af van Eduard III se derde oorlewende seun, Jan van Gent. Hy het getrou met die erfgenaam van verskeie landgoede, Blanche van Lancaster, en so het Gent die grootste grondeienaar in Engeland geword naas die koning. Richard II het egter ná Gent se dood in 1399 op sy grond beslag gelê. Gent se verbanne seun en erfgenaam, Hendrik (van) Bolingbroke, het later dieselfde jaar na Engeland teruggekeer om sy erfporsie op te eis. Hy het egter eindelik die bewind van die ongewilde Richard omvergewerp en is gekroon as Hendrik IV. So het hy die afstammelinge van Eduard III se tweede seun, Lionel van Antwerpen, omseil wat toe die opponerende Huis van York geword het.

Hendrik IV is in 1413 deur sy seun, Hendrik V, en in 1422 deur sy kleinseun, Hendrik VI, opgevolg.

Hendrik VI was ’n swak koning en het met tye tekens van ’n geestesiekte getoon. Hy is in 1461 deur sy neef Eduard van York gevange geneem en dié het homself verklaar tot Eduard IV, die eerste koning van die Huis van York.

Hendrik het teruggeveg en in 1470 weer aan die bewind gekom, maar sowat ses maande later is hy weer deur Eduard IV van die troon gedwing.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search